Ramaphosa kies Kieswetter

Edward Kieswetter

Die voormalige adjunk-kommissaris van die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) is deur president Ramaphosa aangewys as die nuwe hoof.

Edward Kieswetter se benoeming is Woensdagmiddag deur Ramaphosa bekend gemaak en deur die Nasionale Tesourie bevestig.

Kieswetter sal diens aanvaar op 1 Mei, en volgens die verklaring is hy die sterkste kandidaat vir die amp wat aangewys is uit ’n kortlys van ses kandidate.

Radikaliste soos die EFF het die proses van aanstelling verwerp, en waarnemers meen dit is bloot omdat Kieswetter se velkleur verskil van vorige aanstellings in die besonder amp.

Intussen sit die SAID met ’n enorme probleem as die personeel hulle besluit deurvoer om te staak vandag weens ’n loon verskil met die owerheid. Personeel wat aan die vakbonde gekoppel is, eis ’n verhoging van meer as 11% terwyl die SAID 7% aanbied wat volgens ekonomiese deskundiges, reeds meer is as wat toegestaan behoort te word.