Radebe wil kernkragsentrale aanskaf

Minister Jeff Radebe, tans die ANC se Minister van Energiesake, sê alhoewel alle opsies op die tafel is vir oorweging, is die aankoop van ’n kernkragsentrale die heel belangrikste om te oorweeg.

Radebe het die opmerking gemaak tydens sy teenwoordigheid by ’n toekenningsgeleentheid by die Emperor Palace.

Hy se egter die land kan nie bekostig om een moontlikheid bo ’n ander te stel nie, maar politieke ontleders sê dit is ’n verwarrende opmaking.

Intussen het deskundiges gereageer op Radebe se uitlatings en sê die antwoord is veel eenvoudiger deur die vyf kragsentrales wat tans nie behoorlik funksioneer nie, reg te maak om op volle produksie te werk, en dan is Suid-Afrika se probleem met elektrisiteit opgelos.

Die twee nuwe kragstasies wat onder ANC beheer opgerig is teen dubbel die koste wat dit moes wees, lewer ’n uiters beperkte bydrae tot die land se netwerk, en drie ander kragstasies lewer ook weinig krag weens die nalatigheid van baie jare om nie die nodige instandhouding te doen nie.

Deskundiges en ekonome sê die land is so oorlaai van skuld dat daar nie sprake kan wees om nog kragsentrales op te rig wat die skuldlas verder verhoog nie.

Foto – Jeff Radebe