Puigdemont dalk in Europese Parlement

Tans woonagtig in België, is Carles Puigdemont, blykbaar ’n gunsteling om verkies te word as lid van die Europese Parlement.

Die inligting is pas vrygestel deur sy politieke party in Katalonië, waar hy steeds beskou word as die leier om die streek na onafhanklikheid te lei.

Die Kataloniërs het die afgelope naweek aangekondig dat hulle Carles Puigdemont as leier aangewys het om die streek se kandidate te lei vir die verkiesing van lede vir die Europese Parlement.

Kenners wys egter daarop dat Puigdemont verplig sal wees om terug te keer na Katalonië indien hy verkies sou word, en daar bestaan geen twyfel dat hy deur die Spaanse owerheid in hegtenis geneem sal word weens sy aandeel in die onafhanklikheidsverklaring van Katalonië in 2016.

Daar is egter nog onduidelikheid of Puigdemont nie as parlementslid vir Belgieq verkies kan word in die Europese Parlement nie.

Foto – Carles Puigdemont