Premier May stel parlement voor keuse

Die Verenigde Koninkryk het sy steun gegee aan Eerste Minister Theresa May se oproep om ’n keuse te maak tussen die drie moontlikhede wat bestaan.

Sy het in die Britse parlement gesê die keuse lê tussen “geen ooreenkoms met die EU, of die bestaande ooreenkoms, of dat uittrede uit die EU met twee jaar uitgestel word”.

Na nog ’n hewige debat sal die keuse nou val tussen “Geen ooreenkoms” of ’n ander datum vir uittrede uit die Europese Unie.

Die parlement sal ’n finale keuse maak nadat die Eerste Minister verdere gesprekke gevoer het met leiers in die Europese Unie, maar die vermoede bestaan reeds dat die datum van uittrede sal verskuif.

Foto – Eerste Minister Theresa May