Premier May se voorstelle verwerp

Die Britse Eerste Minister het vir ’n tweede keer ’n nederlaag gekry in die parlement toe haar nuwe voorstelle vir uittrede uit die Europese Unie verwerp is.

Met die tweede temming in enkele weke wat sy met groot meerderhede verloor het, verkeer die Britse premier nou in die politieke wildernis.

Die Verenigde Koninkryk se parlement het haar voorstelle met ’n groot meerderheid verwerp, en die Europese Unie het dit duidelik gestel dat verdere toegewings nie gemaak sal word vir uittrede nie.

Dit blyk dat die twee weke wat oor is, nie voldoende gaan wees om ’n aanvaarbare oplossing vir ’n ooreenkoms te beding nie, en bly daar weinig ruimte oor vir die premier.

Sy sal waarskynlik moet probeer om uitstel te kry met ’n nuwe datum vir uittrede uit die EU, of sy moet ’n tweede referendum hou oor uittrede.