Politieke verdeeldheid ook in Oos-Transvaal

Soos wat dit elke keer plaasvind voor ’n verkiesing, spring politieke party op soos paddastoele om na die verkiesing in die niet te verdwyn.

Oos-Transvaal beleef ook iets hiervan met die stigting van ’n politieke party met ’n indrukwekkende naam, en lok raadslede en prominente ANC lede om die party te steun.

Die party genaamd South African National Congress of Traditional Authorities (Sancota) figureer glo sterk in die Witbank omgewing waar talle ANC lede ontevrede is mt die verloop van die politiek.

Die party stel hom ook ten doel om tradisionele leiers die land se regeerders te maak.