Politieke stryd in Italië verskerp

Lede van die Italiaanse Demokratiese Party hoop om ’n beter vertroning te lewer nadat hulle ’n nuwe leier gekies het tydens die afgelope naweek se konferensie.

Van Nicola Zingaretti, word verwag dat hy in staat sal wees om die bordjies te verhang en ’n beter vertoning sal bewerkstellig in die verkiesings om die regerende nasionaliste te verslaan.

Die Demokratiese Party, wat ’n gematigde linkse struktuur is, het die afgelope naweek in ’n stemming die 53-jarige nuwe leier aangewys met ’n landswye “internet stemstelsel”.

Nicola Zingarett is tans die goewerneur van die Lazio streek en het die stemming tot partyleier met sowat 65% steun gewen.