PIC se waarnemende hoof geskors

Matshepo More

Die waarnemende Hof Uitvoerende Beampte van die Public Investment Corporation  (PIC) Matshepo More, is voorlopig geskors hangende ’n ondersoek na bewerings dat sy ingemeng het met prosesse rondom ‘n kommissie van ondersoek van die batebestuurder van PIC.

More het presies vyf maande waargeneem nadat Dan Matjila in November verwyder is as hoof van PIC.

Die ondersoek na die huidige hoof se betrokkenheid by ongerymdhede sal waarskynlik ’n redelike lang tyd duur en ’n finale bevinding word nie gou verwag nie.