Perdesiekte tref Transvaal

Kort nadat Suid-Afrika se landbouers gekortwiek is deur Bek en Klouseer wat in Limpopo voorgekom het onder swart boere, het die streek nou weer bekendgemaak dat perdesiekte ook toegeslaan het.

Die Afrika perdesiekte wat deur muggies oorgedra word, is in Sentraal Transvaal en in Oos-Transvaal gediagnoseer.

Die Departement Landbou het bevestig dat die voorvalle aangemeld is wat reeds in Februarie die eerste keer waargeneem is.

Die toestand veroorsaak dat perde nie uit die gebied waar hulle is, vervoer mag word nie, en deelname aan perdesport byeenkomste, of skou geleenthede is verbode.

Februarie tot April is die piek tyd wanneer muggies die siekte oordra, en die Transvaal is bekend vir die sporadiese voorkoms van die siekte vanweë die baie muggies wat voorkom tydens die reënseisoen.

Perdesiekte kan voorkom word deur gereeld elke jaar die diere in te ent met entstof wat vanaf Onderstepoort bekom kan word.