Pakistan en Indie bedreig wêreldvrede

Dit was Indië wat die eerste woord laat val het toe hulle Pakistan daarvan beskuldig het vir die motorbom aanval wat die lewens van 40 Indiese soldate gekos het.

In weerwraak het Indië lugaanvalle uitgevoer op Pakistanse grondgebied wat klaarblyklik nie veel skade veroorsaak het nie, behalwe om die buurland se lugruim te skend.

Pakistan het gewag dat twee dae verbygaan, en skiet twee vegvliegtuie van die Indiese Lugmag af wat na bewering die lugruim geskend het, waarna Indië terugslaan en een vliegtuig van Pakistan afskiet en lugaanvalle uitvoer op ’n militêre basis.

Intussen het die VSA die twee lande opgeroep tot kalmte en dialoog om die ernstige voorvalle te bespreek, en Pakistan se Eerste Minister vra of twee lande soos Pakistan en Indië, wat beide oor kernwapens beskik, nou gaan aanhou tot ’n volskaalse oorlog uitbreek.

Intussen het Pakistan besluit om sy lugruim te sluit ten einde te verseker dat geen misverstande lei tot verdere konflik nie, en om die twee vlieëniers wat in aanhouding is, aan Indië terug te stuur as ’n poging om die lug te suiwer.