OVK ondersoek Bosasa fondse aan ANC

Die Onafhanklike Verkiesings Kommissie (OVK) gaan ondersoek instel na beweerde befondsing deur Bosasa van ANC verkiesings.

Bewerings word gemaak dat Bosasa meer as R6 miljoen geskenk het aan die ANC oor die afgelope drie verkiesings.

Die ANC tesourier-generaal het verlede maand bevestig dat die party “skenkings” ontvang het van Bosasa “direk of in natura”.

Waarnemers rken die moontlikheid is nie uitgesluit dat daar nog talle instansies is wat deel is van die ongerymdhede nie, en sê die terugbetaling van fondse behoort deur ’n onafhanklike instansie gemoniteer te word.