Oud Korrektiewe baas in bedrogsaak

Linda Mti

Linda Mti, die voormalige hoof van  Korrektiewe Dienste, word gelys as beskuldigde nommer een in ‘n kriminele saak waarin Bosasa se amptenare aangekla is van bedrog van meer as R1,6 miljard. 

Mti het op 27 Maart 2019 vir die tweede keer in die Landdroshof in Pretoria verskyn na Angelo Agrizzi teen Mti getuig het in die Staatskaping ondersoek.

Mti het saam met Patrick Gillingham van Korrektiewe Diens, Agrizzi en Andries van Tonder (Bosasa) in die hof verskyn.

Hulle is nie gevra om te pleit oor die aanklagte teen hulle nie en sal weer binnekort in die hof wees.