Oos-Rand eis eie universiteit

Mzwandile Masina

Die Ekurhuleni burgemeester, Mzwandile Masina, het aangekondig dat daar ‘n behoefte bestaan vir ‘n universiteit aan die Oos-Rand. 

Die universiteit sal fokus op ingenieurs- en lugvaart studies.  Die daarstelling van so ‘n universiteit sal glo help om werk  te skep en beleggers te lok.  

Hy het ook gesê dat straatname in die gebied verander gaan word om weg te beweeg van die koloniale verlede.

Die oprigting van so ’n universiteit is deur deskundiges beoordeel as te klein om aan die werklike behoeftes te voldoen, maar het ook daarop gewys dat dosente en senior personeel waarskynlik nie gou beskikbaar sal wees vir ’n nuwe universiteit nie.