Onwettige migrante kaap vragskip

Onwettige immigrante wat onderweg is na Europa, het die beher oorgeneem van ’n vragskip wat voor anker gelê het aan die kus van Libië.

Die inligting is verskaf deur Matteo Salvini, die adjunkpremier van Italië en sê die onwettige immigrante is glo onderweg na Malta met die vragskip.

Die vragskip wat die immigrante van ’n gewisse waterdood gered het deur hulle net betyds op te pik van hulle sinkende boot, se kaptein het nie verwag dat die 108 mense ’n kaping sou uitvoer nie.

Die kapers het die beheer oorgeneem toe die vragskip hulle wou terugneem na Libië, vanwaar hulle gekom het.

Duie vragskip, Elhiblu 1, se kaptein het gesê die skip beskik nie oor voldoende fasiliteite om 108 mense te huisves nie, maar die immigrante het slegs beveel dat die ski na die eiland Malta moet vaar.

Daarna het net een berig die wêreld bereik toe die kaptein ’n noodsein gestuur het om te sê dat sy skip gekaap is.

Intussen het die Weermag in Malta berigte uitgestuur wat lui dat die skip se roete gevolg word en die skip sal nie toegelaat word om die eiland aan te doen nie.

Die migrante is egter dur die polisie van Malta vasgetrek en teruggestuur na waar hulle vandaan gekom het.