Ontsnapte Karoo leeu weer tuis

Die jong Karoo leeu wat maar drie jaar oud is, en ontsnap het uit die Karoo Nasionale Park naby Beaufort Wes, is na weke se soektog uiteindelik naby Sutherland gevind.

Inwoners van die Noord-Kaap het die leeu gewaar en die soektog aansienlik verkort toe ’n vars spoor later gevind is wat die beamptes in staat gestel het om hom vas te trek.

Janine Raftopoulos van Sanparke het later bevestig dat die leeu naby Sutherland gevind is nadat hy sowat 260 kilometer afgelê het sedert hy op 15 Februarie ontsnap het.

Die leeu sal eersdaags oorgeplaas word na die Krugerwildtuin met behulp van kundige veeartse.

Kenners meen die leeu se kanse om weer te ontsnap is gering, veral wanneer hy saam met ander in ’n trop opgeneem is.