Ondersoek na FBI oor anti-Trump optrede

Robert Mueller

Dit lyk of ’n spesiale ondersoek ingestel gaan word teen die aantal FBI lede wat klaarblyklik dur die voormalige hoof van die FBI aangestel is om hom behulpsaam te wees met die ondersoek na Russiese inmenging in die presidentsverkiesing.

Robert Mueller, ’n voormalige direkteur van die FBI het skynbaar sy span ondersoekers saamgestel uit die geledere van die FBI wat ook Demokratiese Party ondersteuners is.

Waarnemers wys nou daarop dat die FBI ondersoekers voluit gegaan het om President Donald Trump te probeer vastrek dat hy ’n geheime verbintenis met Rusland gehad het tydens die presidentsverkiesing.

Die vermoede bestaan ook dat die FBI lede betrokke was by inligting verskaffing aan die linkse CNN televisiekanaal wat vir twee jaar lank op ’n gereelde basis bewerings en beskuldigings gemaak het teen die onskuldige president.

Kenners meen daar behoort ook ’n deeglike ondersoek ingestel te word na die verbintenisse van CNN wat deur sy fop nuus en leuens die president en die VSA tot skande wou bring.