Nuusflitse

Mboweni ongelukkig oor E-Tol

Minister Tito Mboweni is baie ongelukkig oor Sanral se Raadsbesluit om invordering van uitstaande tolgeld te staak en versoek dat die besluit onmiddellik teruggetrek moet word.  Dit blyk dat die kommunikasie kanale tussen die president en sy ministers nie goed funksioneer nie.

Vragmotors brand op N3

Die N3 snelweg by Mooi Rivier is gesluit na nog ‘n verdere rondte van protes deur vragmotorbestuurders.  Die verkeer in beide rigting is gesluit nadat 7 voertuie aan die brand gesteek is.  Die rede vir die protes is onbekend en Blade Nzimande het die optrede sterk “veroordeel”.

Universiteit skors vyf personeel

Vyf personeel lede by die Walter Sisulu Universiteit is geskors terwyl 84 studente die deur gewys is weens onwettige toelating.  Van die personeel lede het glo R3,000 ontvang om studente “in te skryf”.