Nuusflitse

Newcastle burgemeester in hegtenis

Ntuthoko Mahlaba is in hegtenis geneem op klagtes van moord. Hy is die huidige ANC burgemeester van Newcastle.  Hy is die derde burgemeester in Natal wat gearresteer is op klagtes van moord. 

SAID staking

Die vakverbond National Education and Allied Workers Union het SAID in kennis gestel van ‘n dreigende staking vanaf 28 Maart 2019.  Nuwe onderhandelings oor salaris verhogings vanaf 1 April 2019 het ‘n dooie punt bereik na ‘11,4% salaris verhoging geëis is asook voor geboorte verlof.

Goeie nuus van Eskom

Eskom het gebruikers gister verseker dat daar geen kragonderbrekings sou wees nie. ‘n Dag waarop meeste nywerhede en besighede nie krag gebruik om hul normale aktiwiteite te verrig nie.

Eskom en sy kontrakte

Eskom se bestuur het toegelaat dat ‘n kontrak verval wat daarop ingestel was om lekkasies in ketels by kragstasies op ‘n vroeë stadium op te spoor.  Nou is daar ‘n geskarrel om nuwe kundiges te vind wat kan help dat die ketels nie almal of lek of ontplof nie.