Nuusflitse

Eskom werkers doen besigheid met die entiteit

Pravin Gordhan het bekend gemaak dat meer as  3,000 Eskom werknemers tans handel dryf met die entiteit waarvan slegs 1,000 geïdentifiseer is.  Dit het pryse opgejaag en ‘n verdere skuldlas teweeg gebring. Drie taakspanne is intussen aangestel om die krisis by Eskom te ondersoek en met voorstelle te kom oor hoe die probleme opgelos kan word.

Molefe weier kommentaar

Een van die hoof spelers in Eskom se verval is Brian Molefe, wat geweier het om kommentaar te lewer op Pravin Gordhan se opmerking dat hy, Molefe, baie antwoorde verskuldig is rondom Eskom se huidige debakel.

Skielik is dit sabotasie

Blaam verskuiwing –  Skielik is Eskom se probleme heel moontlik weens sabotasie deur Eskom se werknemers, aldus die polisie se misdaadeenheid.  Die ANC is ook dadelik op die wa deur te vertel dat dit  lede is van die Staatskaping groep wat pogings probeer fnuik om uit die tronk te bly.

Ontbondel sonder werkverliese

Ramaphosa krabbel terug voor NUM se eise. Tydens ‘n drie uur lange vergadering met vakverbond leiers het hy die versekering gegee dat geen werker sy werk gaan verloor met die ontbondeling van Eskom nie.  Die entiteit sal ook nie geprivatiseer word nie ten spyte van sy onvermoë om krag te voorsien aan die land, aldus Ramaphosa .