Nuusflitse

Swartes bestorm hospitaal

Dertig gewapende jong jeugdiges het die plaaslike hospitaal in Krugersdorp bestorm, ‘n beseerde pasiënt uit die noodeenheid geneem, hom aangeval en gedood.  Hospitaal toerusting is in die proses beskadig. Bewerings dat die oorledene ‘n vriend van die jeugdiges gedood het  word as oorsaak vir die aanval gemaak.

Twee polisiebeamptes gedood

Twee lede van die Natalse polisie is in afsonderlike voorvalle gedood.   Die een voorval het op die N2 naby Amanzimtoti plaasgevind terwyl die tweede offisier  by Kranskop doodgeskiet is.

ANC burgemeester in aanhouding

Die ANC in Natal het aangekondig dat die burgemeester van Harry Gwala munisipaliteit, ene Mluleki Ndobe, in hegtenis geneem is in verband met die moord op die ANC jeugliga se sekretaris Sindiso Maqaba gedurende  September 2017.