Nuusflitse

Hof keer likwidasie om

Die Gauteng Hoë Hof het die verklaring van Bosasa se vrywillige likwidasie nietig verklaar. Dit nadat die maatskappy se raad op 12 Februarie 2019 aansoek gedoen het vir vrywillige likwidasie.  Die hof het beveel dat die likwidateurs binne 12 uur beheer moet terug handig aan die raad .

Kantore in Natal afgebrand

Die kantore van die Natalse Koöperatiewe Regering en Tradisionele Sake (Cogta) se kantore in Mayville, Durban, het onder petrol bomme deurgeloop. Die kantore is totaal vernietig  en dit word vermoed dat informele plakkers en grond besetters verantwoordelik is vir die voorval . Skade beloop na beraming R17 miljoen.