Nuusflitse

Transformator vernietig in brand

‘n Transformator by ‘n substasie in Klaarwater, Natal,  is vernietig in ‘n brand wat daartoe gelei het dat inwoners in die omgewing sonder krag gelaat is.  Die oorsaak van die brand is onbekend.

Eskom waarsku verbruikers

Eskom het verbruikers gewaarsku dat kragonderbrekings hoogs waarskynlik gaan plaasvind in die volgende paar dae. Onderhoud skedules kan veroorsaak dat krag op kort kennisgewing afgesny gaan word.

Skool afgebrand in Witbank

Polisie is op soek na verdagtes wat ‘n skool in Uthingo Park, Witbank, afgebrand het.  Dit blyk dat ‘n petrolbom gebruik is om die brand te stig. Die skoolhoof se kantoor en die administratiewe blok is bykans tot as verbrand.