Nuusflitse

Eskom sukkel voort

Bykans elke dag waarsku Eskom die publiek dat daar krag onderbrekings gaan wees weens hul onvermoë om kragstasies in stand te hou en die plundering van fondse deur die amptenare.  Tyd is verby om te praat van beurtkrag, dit is eenvoudig kragonderbrekings.

Sewe jaar tronkstraf vir R3,9 miljoen bedrog

’n Vrou, Saraspathie Vallee van Chatsworth is gevonnis tot sewe jaar tronkstraf nadat sy skuldig bevind is dat sy SAID met meer as R3,9 miljoen ingedoen het. Sy het vals dokumentasie ingedien en BTW terug geëis namens Gutterpride. Guttrepride is met R100,000 beboet.

Group 5 onder besigheids redding

Die konstruksie reus Group 5 wat sedert 1970 bestaan, het aansoek gedoen vir likwidasie beskerming. Dit volg nadat leners hul ondersteuning aan die groep onttrek het.  Sou die maatskappy gelikwideer word, sal meer as 8,000 werkers hulle werk verloor. Group 5 volg in die spore van Basil Read wat gedurende 2018 onder besigheids redding geplaas is.