Nuusflitse

OB roer ministers

Die Openbare Beskermer, Busisiwe Mkhwebane,  het Beke Cele, Nisiviwe Mapisa-Nqakula en Blade Nzimande uitgewys as ministers wat haar opdragte ignoreer.

Fedusa sekretaris geskors

Die vakverbond Fedusa het hul Algemene Sekretaris, Dennis George,  voorkomend geskors, en hy was op spesiale verlof sedert 6 Februarie.  Die besluit is weens bewerings oor die aankoop van AYO Technology Systems aandele deur George kort voor die prys daarvan drasties gestyg het .