Num en ANC stamp koppe

Die vakverbond Num staan direk in lyn met die regering se voorstel dat Eskom “ontbondel” moet word.

Ramaphosa se versekering dat werkers nie hul poste gaan verloor nie strook nie met Pravin Gordhan se verklaring dat Eskom sy werkers ‘n skeidingspakket gaan aanbied nie.

Num het gedreig dat hulle die land se kragvoorsiening tot stilstand sal bring indien daar nie duidelikheid is oor die toekoms van werkers nie.

Intussen was Ramaphosa vir ure gestrand terwyl hy gewag het vir  ‘n metrotrein tydens die ANC se werwingsveldtog.

Die oponthoud is veroorsaak deur die kragonderbrekings en swak diens deur die spooragentskap.

Gordhan se verklaring dat koppe gaan rol word as ‘n vae moontlikheid beskou dur politieke ontleders.