Nou is Britte nog meer verdeeld

Premier Theresa May

Meer verdeeldheid as wat die Britte tans is, ken geen Engelsman, en kenners beweer dit is die ergste verdeeldheid in die geskiedenis van die Britse politiek.

Die Verenigde Koninkryk het sy parlementêre stemming gehou oor die uittrede uit die Europese Unie, en het alle verwagtinge oortref toe al agt voorstelle van optrede deur die parlement verwerp is.

Geeneen van die agt voorstelle oor die Brexit-reëlings is aanvaar nie, en die ironie daarvan is dat die voorstelle almal deur parlementslede ingedien is.

Of die Britte weer Maandag oor die aangeleentheid gaan stem, is nog onduidelik, maar die Britse Eerste Minister het aangebied om te bedank as premier indien haar voorstel en ooreenkoms met die EU, deur die parlement aanvaar sou word.

’n Deel van die agt voorstelle is die afgelope paar dae aan die parlement voorgehou, en kiesers in Brittanje is verbysterd oor die parlement se verwerping van al die voorstelle.