Nog weerstand teen Boeing

Die Europese Lugvaart Veiligheid Agentskap het nou ook toegetree teen Boeing en ’n amptelike verbod geplaas op Boeing 737 Max 8 vliegtuie in die Europese lugruim.

Die optrede volg kort nadat Brittanje ’n verbod geplaas het op die 737 Max 8 passasiersvliegtuie in sy lugruim.

Duitsland, Frankryk en later Brittanje, was van die eerste lande wat na Sjina en Ethiopië ’n verbod op die Boeing vliegtuie geplaas het wat sal geldig bly tot die ontleders vasgestel het wat die oorsaak van die ongeluk gedurende Sondag was.

Die moontlikheid bestaan dat die vliegtuie verbied kan word in enige lidland van die Europese Unie, wat die beeld van die vliegtuig vervaardiger nog verder sal skaad.