Nog terroriste uitgelewer aan Irak

Benewens ’n aantal terroriste wat asiel ontvang het in Frankryk, is daar ook ’n groot aantal IS vegters wat uit ander lande afkomstig is, en nou deur die Koerdiese magte uit te lewer.

Koerdiese woordvoerders sê hulle het nog sowat 280 Islamitiese Staat vegters in aanhouding, en sal hulle eersdaags ook aan Irak uitlewer.

Die Veiligheid hoof in Irak sê die terroriste het meer as 500 burgerlikes van Irak ontvoer en sowat 280 van die terreurgroep word nou oorgeplaas na Irak vir verhoor.

Dit is bekend dat Irak nie huiwer om terroriste tereg te stel nie, en politieke ontleders sê die moontlikheid bestaan dat die meerderheid ook tereggestel sal word.