Nederland kry tweede nasionalistiese party

Nog ’n Anti-Europese Unie politieke party het in Nederland opgespring, en beskik glo oor al die eienskappe om Nederland se tweede grootste politieke party te word in die Senaat.

Die gegewens is bekendgemaak deur die woordvoerder van die provinsiale verkiesings gesag.

Dit beteken dat die regerende party wat tans in beheer is sonder ’n volstrekte meerderheid, blitsvinnig nog ’n koalisievennoot sal moet kry as hy wil bly regeer.

Premier Mark Rutte se koalisieregering kan hoogstens ’n opposisieparty word as die Forum vir Demokrasie groei soos wat verwag word.

Die leier, Thierry Baudet, kan soveel as tien setels verower, wat slegs twee minder is as waaroor die Eerste Minister tans beskik.

Of daar ’n moontlikheid is dat die nuwe party sal saamwerk in ’n koalisie met Geert Wilders se nasionalistiese party, is nog onseker.