Nasionaliste kan verdubbel in EU parlement

Die nasionaliste kan hulle verteenwoordigers verdubbel in die Europese Parlement volgens ’n peiling wat pas gedoen is in lidland.

Die Parlementêre verkiesing wat in Mei plaasvind, het leiers soos president Emmanuel Macron van Frankryk en kanselier Angela Merkel van Duitsland erg bekommerd weens die toename in steun wat nasionaliste beleef in Europa.

Die opname wat gedoen is toon dat nasionalistiese partye in Frankryk, Italië, Pole en Duitsland, tesame met Hongarye en Oostenryk, die samestelling in die parlement dramaties gaan verander.

Die nuwe peiling wat in Duitsland begin is deur ’n bekende koerant toon ’n groot swaai in minstens ses lande kan die skaal swaai dat die linkse partye tot 67 verteenwoordigers sal moet afstaan aan die nasionaliste.

President Macron van Frankryk se paniek is duidelike waarneembaar met sy herhaalde pogings om te waarsku teen nasionalisme, wat flou gesteun word deur Merkel.

Met die opname is gevind dat nasionaliste in Pole 43% steun sal kry, en in Frankryk sal Le Pen niks minder as 23% steun kry, terwyl die AFD in Duitsland 16% kan trek, en in Italië 33%.

Vanaf 23 Mei tot 26 Mei moet Europese lidlande 705 mense kies vir die Europese Parlement en met ’n meningspeiling waarin drie van die ses lande ’n besliste nasionalistiese meerderheid het, kan dit selfs gebeur dat hulle ’n algehele meerderheid in die Parlement verkry.

Foto – Marine Le Pen van Frankryk