Motsoeneng en Andile se bonusse

Gavin Watson

Bosasa het volgens getuies by die Staatskaping ondersoek aansienlike betalings aan Hlaudi Motsoeneng en Andile Ramaphosa gemaak.

In opdrag van Gavin Watson het Peet Venter Motsoeneng se regskoste betaal – twee betalings is gedoen naamlik R587, 000 en R600,000 .

Dit is glo vir Motsoeneng se regskoste wat opgeloop het teen die SABC oor sy afdanking.  In Oktober 2017 het Venter, ook in opdrag van Watson,   R500,000 aan die destydse adjunk-president, wat nou die ANC president is, Cyril Ramaphosa, se seun Andile betaal. Venter het verklaar dat hy nie weet waarvoor die betaling gemaak is nie.