Meer sanksies ingestel teen Rusland

Die Europese Unie (EU), Kanada en die Verenigde State van Amerika het aangekondig dat nuwe sanksies ingestel word teen individuele lede in Rusland sowel as teen sekere maatskappye in die land.

Die besluit kom etlike maande nadat Rusland vroeër die skepe van die Oekraïne asook die bemanning aangehou het in die Krim gebied wat nou deel uitmaak van Rusland.

Die sanksies word teen die instansies en individuele lede ingestel weens hulle betrokkenheid in die voorval wat in November verlede jaar plaasgevind het.

Die sanksies is ingestel teen 8 senior militêre en veiligheidsbeamptes  van Rusland wat betrokke was by die onwettige “anneksasie” van die Krim gebied en betrokke was by die konfiskering van drie Oekraïne skepe.

Sanksies is ook dur Kanada ingestel teen 114 individuele persone en 15 maatskappye van Rusland en het die onmiddellike vrylating van die skeepsbemanning geëis sowel as die drie skepe.