Maandag Polisie staking?

Polisiebeamptes regoor die land het gedreig dat hul gaan staak weens bevordering prosedures.  Die gradering van beamptes het klaarblyklik veroorsaak dat sekere offisiere bevoordeel word bo ander.

Spesiale eenhede van die mag word glo bevorder terwyl lede in die normale polisiediens oor die hoof gesien word.   Generaal Khehla Sitole is glo een van die hoof redes vir onmin onder lede.

Cele het intussen die lede van die mag versoek om geduldig te wees aangesien 4,500 offisiere oor die volgende drie jaar bevorder gaan word. Blanke lede van die mag word reeds jare teruggehou op bevordering en vele staan op die rang van adjudant-offisier.