Kraanwater van SA onveilig

Dit is onveilig om kraanwater te drink in Suid-Afrika, en toeriste word gewaarsku om nie rou kraanwater in te neem nie.

Dit is die advies wat ’n vakansie agentskap Globe Hunters aan sy kliënte gee as hulle Suid-Afrika besoek.

Die agentskap sê hulle reis regoor die wêreld, en dit is vir hulle van die uiterste belang dat hulle reisgenote veilig en gesond hulle vakansie geniet.

’n Spesiale kaart is ontwerp wat gebaseer is op die inligting wat verskaf is deur die  Amerikaanse Centers for Disease Control and Prevention, wat ’n lys opgestel het van waarskuwings vir verskillende aspekte in onderskeie lande.

Meningsvormers in Suid-Afrika sê dit is ironies dat die ANC hoog opgegee het dat almal in die land skoon drinkwater sal kry as hulle regeer, en dit is waar die land nou is.