Konserwatiewes wen in Estonia

Die gematigde regse Hervormde Party se leier, Kaja Kallas, het die naweek se algemene verkiesing gewen met ’n totale steun van 29% van Estonia se kiesers.

Kaja Kallas is die eerste vrou wat as Eerste Minister verkies word in die land, en sal waarskynlik genoodsaak wees om met die nasionalistiese anti-immigrante” party in koalisie moet gaan.

Die nasionaliste het ook sterk gegroei terwyl die regerende linkse party van premier Juri Ratas, swak gevaar het en kon slegs 23% steun trek.

Die nasionaliste het daarin geslaag om 18% steun te kry wat hulle ’n aansienlike verteenwoordiging bied van die 101 setels in die parlement.

Foto – Kaja Kallas