Kommunis Kim trek weg van Suid-Korea

Die kommunistiese leier van Noord-Korea het weereens sy onbetroubaarheid getoon toe hy sonder opgaaf van redes, sy personeel onttrek het uit die grens kantore by Kaesong.

’n Woordvoerder van die Suid-Koreaanse staat sê die onttrekking van die buurland is ’n jammerlike gebeurtenis, maar ’n kenner van die Noord-Koreaanse leier sê dit is ’n bekende kenmerk van die kommunistiese leier.

Die optrede van Kim Jong-Un is nog ’n terugslag wat ’n moontlike ooreenkoms met Amerika bemoeilik, en is ’n nadeel vir die handhawing van wêreldvrede.

Prsident Donald Trump ht ervaar hoe geslepe die kommuniste is toe hulle in Vietnam samesprekings gevoer jet en moes vind dat Noord-Korea nie sy kernwapen aanleg se bestaan bekend gemaak het nie.

Hulle verleentheid was baie groot toe die Amerikaanse afvaardiging navraag oor die aanleg gedoen het, wat die Amerikaanse president laat besluit het om die onderhandelings te staak.

Slegs twee dae later besluit Kim Jong-Un weer anders, en stuur sy personeel terug na die gesamentlike kantore van Suid-Korea.