Kieswetter wil SAID uit chaos red

Edward Kieswetter

“Ek gaan al die moontlike hulp nodig hè” het die voormalige Hoof Uitvoerende Beampte van Alexander Forbes gesê nadat dit bekend geword het dat hy as hoof van die SAID aangestel is.

Edward Kieswetter is pas deur die ANC president, Cyril Ramaphosa, aangestel as Hoof Kommissaris van die Suid-Afrikaanse Inkomstediens.

Kieswetter sê hy sal alle moontlike hulp wat beskikbaar is, nodig hè om die SAID na sy vorige status te bring, wat voorheen beskou was as ’n instelling van wêreldgehalte.

Die SAID het die afgelope twee dekades geleidelik agteruit gegaan in sy dienslewering, en het in die afgelope drie jaar verder verswak weens die gebrek aan goeie leierskap.