Kanselier Kurz kritiseer Franse president.

Die jong Kanselier Sebastian Kurz van Oostenryk het te velde getrek teen die siening van die sosialistiese President Emmanuel Macron vir ’n toekomstige Europa.

Die Fransman, wat feitlik geen invloed meer het in die Europese politiek nie, het weer gevra vir algehele hervorming van die Europese Unie met die kontroversiële idee van ’n minimum loon stelsel wat regdeur Europa moet geld.

Die konserwatiewe Oostenrykse kanselier het op die siening van Macron gereageer en gesê sy ambisieuse visie vir die toekoms van Europa is nie uitvoerbaar of realisties nie.

Hy sê voorts dat Macron se voorstelle selfs gevaarlik kan wees as dit korrek gepubliseer is in koerante regoor Europa.

In reaksie op Macron se voorstelle vir ’n hervormde Europa het politieke ontleders gesê die voorstelle is van geen waarde, en Macron se betoog teen populisme is bloot ’n poging om steun te probeer behou vir sy sosialisme.

Foto – Kanselier Sebastian Kurz