Kandidate met geraamtes

Een uit elke vyf op die lys van kandidate vir die komende verkiesing het ‘n twyfelagtige verlede of het geraamtes in die kas.

Dit sluit in kriminele klagtes, hof bevele teen hulle, professionele sanksies en getuienis teen hulle waarvoor hulle nog vervolg moet word.

Leiers van die partye wat hieronder val is:   Hlaudi Motsoeneng -bedrog oor sy kwalifikasies;  Pappie Mokoena –  moontlike bedrog in 2005 en tans onder die soeklig vir wandade in die Mangaung tronk; Andile Mngxitama – minagting van die hof ; Brian Mahlati  -2017 R43 miljoen terug betaal weens geld wat wanaangewend was;  Julius Malema het probleme met die Gelykheidshof, die belasting gaarder en bedrog deur sy maatskappy On-Point.

Dr Johan Reid  – klagtes van seksuele teistering tussen 1995 en 2001; Jeffrey Donson  – Verkragter in 2008 skuldig bevind aan onsedelike aanrading en sewe klagtes van statutêre verkragting; Gayton McKenzie vir tronkstraf van 15 jaar in 1995 weens gewapende roof;  Bhekumuzi Mnisi  – R1 miljoen ontvang van Mpumalanga Gesondheids Departemet vir werk waarvoor hy nie geregistreer was nie.

Indien hierdie kandidate in die parlement kom, sal hulle deel uitmaak van die regeerders wat oor die land se toekoms die besluite moet neem.