Juan Guaido ontmoet president van Brasilië

Die tussentydse president van Venezuela wat ook die leier van die opposisieparty is, sal op sy pad terug van Columbië, ook samesprekings voer met die nasionalistiese president van Brasilië.

Die onlangs verkose president van Brasilie, Jair Bolsonaro, het vroeër sy steun aan Juan Guaido gegee en sy stem by die ander Suid-Amerikaanse state gevoeg deur hom te erken as die tussentydse president van Venezuela.

President Bolsonaro het die jong leier aangespoor en ook maatreëls in plek gekry om noodvoorraad beskikbaar te stel naby die grens tussen Brasilie en Venezuela.

Die twee leiers het in die Planalto Paleis in Brasilie samesprekings gevoer, en ingeligte bronne beweer dat strategie bespreek is oor die moontlike optrede om van die diktator in Venezuela, president Maduro, ontslae te raak sonder om geweld te gebruik.

Foto – President Jair Bolsonaro