Juan Guaido keer terug na Venezuela

Televisiekameras was vir etlike ure doodstil gerig op die vliegtuig waarin Juan Guaido sy terugreis na Venezuela onderneem het.

Die jong leier het per vliegtuig op die Simon Bolivar lughawe aangekom waar derduisende ondersteuners hom terug verwelkom het te midde van die mislukte poging om die noodvoorraad die land in te kry.

Juan Guaido se reis om Latyns-Amerikaanse lande se leiers te ontmoet, het geëindig met sy aandoen in Brasilië waar hy samesprekings met die nuutverkose presedent van die land gevoer het.

Dit blyk asof die diktator, president Nicolas Maduro, ag geslaan het op die waarskuwings van die VSA en die Europese Unie om nie die opposisieleier te arresteer nie.

Guaido het sy reis voltooi te midde van Maduro se waarskuwing om nie die land te verlaat nie.

Adjunkpresident Mike Pence van Amerika het die Maduro-regime gewaarsku dat enige intimidasie, arrestasie of gewelddadige optrede teen Juan Guaido sal nie geduld word nie.

Die jong leier kon nie daarin slaag om die noodvoorraad vanaf Columbie en Brasilie na Venezuela deurgevoer te kry nie omdat lojale weermaglede die toegangsroetes versper het.

Foto – Juan Guaido kry helde ontvangs