Juan Guaido begin nuwe fase teen Maduro

Na sy terugkeer uit naburige lande, het die opposisieleier in Venezuela, Juan Guaido, aangekondig dat ’n nuwe fase ven verset begin word teen die diktatorskap van president Nicolas Maduro.

Guaido het nou begin met ’n toer deur die land waar hy met die slagspreuk “Operasie Vryheid” die een saamtrek na die ander hou om kiesers te mobiliseer.

Hy poog daarmee om die verset optogte te vergroot met meer steun van die kiesers, maar die regering se ondersteuners vermy die saamtrekke.

Guaido het sy optrede beskryf as ’n “nuwe fase met die slagspreuk Operasie Vryheid” en het reeds duisende entoesiastiese ondersteuners by die eerste saamtrek gehad.