Jou E-tol skuld is afgeskryf

Sie SA Nasionale Padagentskap (Sanral) het ou skuld afgeskryf, en alle dagvaardings is glo gekanselleer.

Die Agentskap het bevestig dat die uitstaande skulde sedert 2015 afgeskryf word en dat dit onmiddellik van toepassing is.

Die besluit van Sanral kom glo nadat Cyril Ramaphosa gevra het dat die entiteit die probleme moet aanspreek en antwoorde moet vind.

Die besluit kom nadat Sanral se Electronic Toll Collection (ETC  nagenoeg 1,400 foutiewe rekenings gehad het wat in hofsake teen hulle uitgewys is.

In die gevalle kon die beskuldigdes bewyse lewer dat hulle die rekening betaal het, maar dit is duidelik dat Sanral nie oor die geskikte personeelkorps beskik om deeglike boekhouding te doen nie, of dat die stelsel waarvolgens mense as e-tol gebruikers geïdentifiseer is, nie behoorlik funksioneer nie.

Dit blyk ook dat die agentskappe wat ’n swartlys hanteer van mense wat nie hulle skuld betaal nie, ook veranderings aan hulle lyste moet aanbring.