Joiners, BSEB en die gewete

Tydens die Tweede Vryheidsoorlog was daar meelopers, of soos hul genoem is Joiners, wat hul mede Boere Afrikaners verraai en uitverkoop het aan die Britse magte.

Hulle het die posisies van kommando’s aan die Britse troepe oorgedra in ruil daarvoor dat hul plase nie afgebrand word en vee gekonfiskeer word nie. Hulle het selfs geldelike vergoeding en plase ontvang vir hul spioenasie werk. Sommiges het aan-gesluit by die Britse magte en so het broer teen broer geveg.

Na die verraderlike oorgawe van die Republiek aan ‘n kommunistiese regering het dieselfde “streep”  na vore gekom onder ons mense.  Hierdie keer net onder valse dekmantel.  Pogings om werk te verrig vir die ANC regering is deur die instelling van Breë Swart Ekonomiese Bemagtiging moeilik gemaak. Dit het daartoe gelei dat sommige besigheidsmanne swart vennote opgeneem het in hul besighede. Selfs aandele van 50,1% plus is aan swart vennote gegee om sodoende te kwalifiseer om kontrakte te bekom by staats entiteite.  Die skielik ontstaan van swart multi-mijoeners was duidelik sigbaar toe instellings soos die vier groot banke, die versekerings maatskappye en andere skielik swart direkteure aangestel het teen enorme vergoeding. Selfs stoere Afrikaner instellings soos die ATKV is “oorgegee” in die hande van anders denkendes net om ter wille te wees. Die tragiese is dat sommige besighede mettertyd onder gegaan het weens die uitvloei van kapitaal na diesulkes wat op rade sit  (en niks doen nie).

Die vraag kan tereg gevra word is diegene dan nie ook Joiners nie?  Het hulle nie terwille van geld hul besighede “verkwansel” aan anders kulturiges nie?  Kan die verskoning van “oorlewing” hier geld.  Dit bring ons by die gewete.  Pla diesulkes se gewete hul?  Is hul nie maar ook deel van die Meyer, Botha, de Klerk kliek wat die volk verraai het nie?

Ek vra

Piet Rossouw