Islamitiese Staat verval in puinhoop

Die Islamitiese Staat (IS) se slagspreuk “Permanent en uitbreiding” het slegs sowat 5 jaar na ’n moontlikheid gelyk, maar die Amerikaanse-koalisie vegters het die bestaan nou kort geknip.

Met die uitstekende ervaring van die Koerdiese soldate is die een na die ander IS vesting ingeneem en die terroriste verdryf of verslaan.

Die IS terroriste wat sedert 2014 hulleself ingegrawe het in Sirie en dele van Irak, het uitgebrei na meer as 20 lande regoor die wereld, en word tans deur Westerse owerhede opgespoor en gearresteer.

Die terreurgroep is verantwoordelik vir die dood van duisend inwoners in Midde-Oosterse lande, maar vandag is daar tien duisende IS vegters in tronke en met die laaste stukkie van die kalifaat aan flarde, het net die puin van terrorisme oorgebly.

Deskundiges wys egter daarop dat die terroristegroep steeds bestaan, maar as enkelinge wat in verskeie lande van die wereld skuil en van tyd tot tyd hulle gruweldade voortsit.

Baghouz in die oostelike deel van Sirië, was die laaste groot vesting van die terroriste, maar ook hier is die laaste 3,000 of gedood, of gearresteer, of gevlug.