Islamitiese Staat vegters hensop

Die terroriste vegters van die Islamitiese Staat in Sirië en Irak wat groot dele in die lande beheer het, het hulleself oorgegee aan die koalisie magte wat onder leiding van die VSA optree.

Die sterk optrede van die bedrewe Koerdiese mag was deurslaggewend om die “laaste vesting” van die Islamitiese Staat terroriste te oorwin.

Nagenoeg 3,000 lede van die IS terreurgroep het die terroriste se kamp verlaat en hulle oorgegee aan die Koerdiese soldate.

Die terroriste het in afsonderlike groepe hulleself oorgegee, en binne 24 uur was daar net meer as 3,000 wat hulleself oorgegee het.

Die Koerde het ’n reeks oorwinnings oor die terreurgroep behaal in Sirië en Irak, en het onder leiding van die VSA soldate, hulle onderskei as baasvegters teen terrorisme.

Met die oorwinning is die Islamitiese Staat se mag finaal gebreek in Sirië, en sal die Amerikaanse militariste waarskynlik terugkeer na die VSA.