Inkomstediens wil ook staak

People from different parts of Limpopo are queuing to file their income tax returns at Polokwane SARS office in Limpoopo to meet deadline before Friday 26 November 2010. Pic. Elijar Mushiana. 24/11/2010. © Sowetan.

Vir ’n tweede keer in die afgelope dekade wil die werkers van die Suid-Afrikaanse Inkomstediens, (SAID) ook begin met ’n staking.

Die personeel is gereed om oor te gaan tot ’n staking oor vergoeding en kan daarmee die hele land tot stilstand ruk op ekonomiese gebied.

Die staking kan verskeie kantore van die SAID raak as daar vandag besluit word om die werk te los en die strate in te vaar.

Die hoofde van SAID sou met die vakbond Nehawu en PSA onderhandel het met die verwagting om tot ’n vergelyk te kom oor vergoeding en ander voordele.

Die onderhandelings wat reeds sedert November 2018 gevoer sou word, kon net nie deurgevoer word nie, en nou wil die personeel hulle wil afdwing met ’n staking.

Die werkers eis 11,4% verhoging vir sy bykans 10,000 werknemers, en hiervan is sowat 4,400 werkers lede van een van die twee vakbonde, maar die SAID bied ’n verhoging van 7% aan.