Indië ontwikkel nuwe ruimte missiel

Narendra Modi

Die Eerste Minister van Indië, Narendra Modi, sê sy land se deskundiges het ’n suksesvolle toets uitgevoer deur ’n “lae-aardse satelliet beskermer” tydens ’n toets projek te lanseer.

Die premier het aan die media gesê hy is saam met Indië trots op wat bereik is deur wetenskaplikes en die span deskundiges gelukgewens met hulle prestasie.

Hy sê die deurbraak het van Indië ’n “ruimte super mag” gemaak en bring die land in lyn met Amerika, Sjina en Rusland.

Die aankondiging volg kort nadat ’n ernstige geskil tussen Indië en Pakistan ontwikkel het, en beide kante vliegtuie verloor het wat deur die ander moondheid afgeskiet is.