Hongaarse premier kap na EU

Lede van die opposisieparty in Hongarye is ontsteld oor die Eerste Minister, Viktor Orban, se politieke party wat met plakkate in die strate, die spot dryf met Europese Unie leiers.

Die nasionalistiese premier Orban kry egter teenstand in die Europese Parlement oor die plakkate en enkele lede van sy eie party is nie tevrede met sy optrede nie.

Die premier het ook hard gekap na die enkele gematigde regses in die Europese Parlement wat eis dat sy politieke party geskors word uit die groep van behoudend partye in die parlement.

Hy het die paar individuele lede as idiote bestempel wat hulle laat misbruik deur die linkses in die Europese Parlement.

Die plakkate van Orban se party maak ook beskuldigings teen die Europese Kommissie en beweer dat die president, Jean-Claude Junker , met die linkse miljardêr, George Soros, saamwerk om onwettige immigrasie na Hongarye te bevorder.

Van die plakkate is ook in die strate van Brussel opgemerk, wat ’n ligte skudding in die stad veroorsaak het.