Guaidó eis noodtoestand vir Venezuela

Juan Guaidó, die selfverklaarde tussentydse president van Venezuela vra dat die land ’n noodtoestand uitroep om die chaos te beheer.

Hy sê die massiewe kragonderbreking wat die grootste deel van die land in donker gehul het, sowel as die swaar stormweer het die land in algehele nood.

Met ’n algehele noodtoestand in die land sal dit moontlik wees dat buitelandse hulp die land instroom om verligting te bring aan die duisende mense wat krepeer weens president Maduro se diktatorskap.

Juan Guaidó het in ’n verklaring gesê hy het as voorsitter ’n spesiale sitting van die Nasionale Parlement belê om besluite te neem oor hoe humanitêre hulp verleen kan word.

Hy het ook die volk opgeroep tot aksies en gesê die straat optogte moet voortgaan om die nood onder mense te beklemtoon.

Foto – Juan Guaidó